VETKOEK EN JAM

Vetkoek en jam
op 'n koue winters môre
Dis amper payday
die koffie en suiker is klaar
Maar dis ok
ons het vetkoek en jam
op 'n koue winters môre
Die beskuit en koekies is klaar
maar dis ok
Ons sit almal om die tafel
Lekker lag en gesels ons
met vetkoek en jam en
'n koppie melk
op 'n koue winters môre

 

BACK   NEXT

 


Copyright (c) L-Morgan Cooper ~ All Rights Reserved